Geskiedenis

Skool is gestig in 1977, 21 Junie 1977. Die kerkraad het besluit om ‘n veilige vestiging vir die gemeente se kinders te skep. Die skool het vining uitgebrei en het uiteindelik ‘n gemeenskaps projek word, waar daar ‘n diens aan die gemeensakp gelewer word. Die eerste skoolhoof was Elaine Snyman – 1 April 1981. Sy het altesaam 25 jaar diens by Blouborsie gehad. Tweede skoolhoof – Jan du Toit en het 20 jaar diens by Blouborsie as hoof gehad. Derde skoolhoof – Olga Steenekamp – 1 Januarie 2015. Adjunkhoofde was aangestel in elke afdeling waarvan Sonja Haupt een was. Sy het die skoolhoof bygstaan en was die skoolhoof se regterhand. Corrie van Rheede van Oudtshoorn is tans die Adjunkhoof van Blouborsie wat die hoof bystaan. Daar is Adjunkhoofde aangestel in die Bewaar afdeling, Kleuter afdelling en Naskool. Blouborsie is ‘n generasie kleuterskool. Vandag bring pappa’s en mamma’s hul kinders en oupa’s en ouma’s hul kleinkinders. Die skool is ‘n onafhanlike intentiteit wat onafhanklik van funksioneer as ‘n privaat kleuterskool. Daar is ‘n beheerraad aangestel om te help met die bestuur van die skool. Bestaan uit die volgende lede:

  • Oom Paul van der Merwe (Voorsitter)
  • Oom Jan Snyman (Rekenmeester)
  • Ds Ettiene Fourie
  • Olga Steenenkamp (Hoof)
  • Anette van Niekerk (Personeel verteenwoordiger)
  • Aretha Dippenaar (Finansies)